Knopvelsiekte in Oshikoto-streek opgespoor
Die Direktoraat Veeartsenydienste het boere en die publiek in kennis gestel van ‘n uitbreking van knopvelsiekte wat vroeg in November in ‘n boerdery-eenheid in die Nehale LyaMpingana-kiesafdeling in die Oshikoto-streek opgespoor is. Boere word aangeraai om hul gesonde beeste in te ent en om vektore, of insekte, te beheer. Beeste wat kliniese tekens toon kan behandel word met vitamiene, antibiotika en anti-inflammatoriese middels om sekondêre bakteriële infeksie te beheer, soos voorgeskryf deur staatsveeartse. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Nghipandulwa, die landbouministerie se woordvoerder, wat ‘n opdatering gee.