Vroue-binnenshuise hokkiespan op Nkosibeker-wenpad

Namibië se vroue-binnenshuise hokkiespan is boaan die punteleer by die Nkosibeker-toernooi in Kaapstad na hulle altwee hul wedstryde gister gewen het. Die Conquerors het Suid-Afrika met 2 – 1 geklop en Ierland met 6 -5. Die mansspan het 3 – 2 teen Suid-Afrika verloor en is tweede op die mans-punteleer, na die gashere. Die mans speel vanmiddag om kwart-oor-vier teen Nieu-Seeland terwyl die vroue ‘n rusdag het.