Telecom ondersoek lek van kliënte-data
Telecom Namibië sê hy is bewus van die lekkasie van sy kliënte se data en het die volle omvang daarvan met sy plaaslike en internasionale kuberveiligheidskundiges beoordeel. Die maatskappy sê in ‘n verklaring die kommer wat aanlyn uitgespreek word is geldig, en ‘n gedetailleerde verklaring daaroor sal so gou as moontlik uitgereik word. Telecom vra vir geduld terwyl hy hard werk om die kwessie op te los. Hy gee die versekering dat die sekuriteit van kliënte se inligting sy prioriteit bly. Dit kom na Telecom se uitvoerende hoof, dr. Stanley Shanapinda, aan ander mediahuise gesê het dat ‘n kuber-aanval onder beheer is en dat geen data uitgelek het nie.