Telecom-kliënte se inligting glo nou op donkerweb
Telecom Namibië is onder die loep na die bekende Nrupesh Soni beelde op sosiale media gedeel het van wat hy beweer persoonlike inligting van Telecom kliënte is wat op die donkerweb gedeel is. Dit kom na Telecom se uitvoerende hoof, dr. Stanley Shanapinda, aan ander mediahuise gesê het dat ‘n kuber-aanval onder beheer is en dat geen data uitgelek het nie. Volgens Shanapinda het Telecom se stelsels die bedreiging vroeg geïdentifiseer en dit afgeweer. Kosmos 94.1 Nuus kon ten spyte van talle pogings geen kontak met Telecom maak in die verband nie.