S-Koreaanse NV stem weer oor Yoon se toekoms
Suid-Koreaanse wetgewers stem vandag weer oor of die president, Yoon Suk Yeol, aangekla moet word vir sy mislukte krygswet-poging. Dit kom ’n week ná die eerste poging om Yoon te verwyder. Duisende Suid-Koreane het die strate van Seoel ingevaar om Yoon se bedanking en tronkstraf te eis, na sy kortstondige krygswetverklaring soldate en helikopters na die parlement gestuur het. Reuse-saamtrekke wat vervolging ondersteun, sal na verwagting naby die parlement plaasvind.