NamPol nooi Grootfontein-boere na misdaadvergaderingDecember 14, 2024

Misdaad in die Otjozondjupa-streek, veral op plase in die Grootfontein-omgewing, kom vanoggend onder die loep op die dorp. NamPol se inspekteur-generaal Joseph Shikongo nooi alle boere in die driehoek en omliggende areas na ‘n vergadering by die Grootfontein Boerevereniging se saal op die skougronde. Die vergadering is geskeduleer om 9-uur te begin en NamPol kommissaris Philip Hidengwa van Otjozondjupa sal ook teenwoordig wees. Boere word versoek om die CR nommers van sake of ondersoeke wat vertraag is saam te bring.