Mbumba vertrek na Kuba op staatsbesoek

President Nangolo Mbumba het vanoggend na Kuba vertrek vir ‘n staatsbesoek, op uitnodiging van die Kubaanse president, Miguel Díaz-Canel Bermúdez. Die doel van die besoek is bilaterale vergaderings om die reeds bestaande samewerking tussen die lande te verbeter. Geleenthede sal ook ondersoek word vir die versterking van ekonomiese samewerking, die bevordering van globale suide-samewerking en dieper sake- en ekonomiese bande tussen die twee nasies.