Henties-pyplynprojek skop waterprojekte aan kus af

Die onlangse ingebruikneming van die Hentiesbaai-pyplynopgraderingsprojek is ‘n deurslaggewende stap om betroubare watervoorsiening vir die groeiende dorp te verseker. Die projek en die beplande Kuiseb-Collector 2 Swakopmund-pypleidingvervanging, het ten doel om die waterverspreidingstelsel aan die kus te moderniseer en waterverliese te verminder. Die kontrakte is aan Namibiese maatskappye toegeken, wat ekonomiese groei sal stimuleer en werk sal skep. By die bekendstelling op Hentiesbaai het landbou- en waterminister Calle Schlettwein ‘n oorsig gegee van die kus se waterbronne.