NNN sê oorwinning sonder dienslewering is selfmoordDecember 13, 2024
Die sentrale komitee van Swapo vergader op die oomblik. Die vergadering handel oor die afgelope verkiesings en die oorwinning van Netumbo Nandi-Ndaitwah as verkose president. Sy bly steeds aan as vise-president van Swapo en die party beplan om volgende jaar in April ‘n buitengewone kongres te hou om die vakante presidentspos te vul na die afsterwe van Hage Geingob. Nandi-Ndaitwah het tydens die opening volgehou dat die party uiters goed vertoon het in die afgelope verkiesing al het hy 12 verdere setels in die parlement verloor.