EFF hou reuse-volksvergadering oor 3 dae
Die EFF sê hy is gereed vir sy derde Nasionale Volksvergadering wat oor die volgende drie dae by Nasrec, Johannesburg, plaasvind. Sowat 2 500 lede sal na verwagting vanjaar se konferensie bywoon. Hulle sal nuwe leiers kies, politieke en organisatoriese verslae voorlê en seker beleid hersien. Hulle sal ook ʼn nuwe vyfjaar-aksieplan vir die party aanvaar. Die party se sekretaris-generaal, Marshall Dlamini, sê hulle wil hulself herorganiseer in gemeenskappe: