Video van gevangene wat geslaan was, ‘n bedrogspulDecember 12, 2024

Die Namibiese polisie het meer inligting bekend gemaak oor die video wat wys hoe ‘n gevangene by die verhoorafwagtende afdeling van die selle op Okahandja, deur mede-gevangenes aangerand word. Volgens NamPol het ‘n ondersoek getoon dat die aangehoudenes die aanranding vervals het op ‘n mede-gevangene om die familie van ‘n ander gevangene, ‘n moord verdagte, af te pers vir betaling. Die mag sê die slagoffer het hom voorgedoen asof hy die moord verdagte is. Die familie moes dan 1 000 Namibiese dollar betaal sodat hy nie aangerand word nie. Die rolspeler is glad nie beseer nie.