Mangione word ‘volksheld’ na skietery
Die skietery van die hoof van United Healthcare Brian Thompson in Manhattan, het ‘n vreemde wenteling in die VSA gehad. Die vermeende skieter, Luigi Mangione, word vereer en daar is ‘n gespottery met plasings op sosiale media dat hy elders was saam met iemand anders. Die gesondheidsindustrie en sy versekering in die VSA kom reeds jare onder skoot omdat uitbetalings gereeld geweier word en gesondheidsorg word as ‘n rykmansvoordeel geag. Uitvoerende hoofde word nou gewaarsku om hulle digitale spoor te verwyder oor toenemende dreigemente. Die New York distriksprokureur Alvin Bragg sê hy is geskok oor die lof wat Mangione uitlok.