Deloitte voer studie uit oor geleenthede in gas-, oliesektoreDecember 12, 2024

Namibië se olie- en gasontdekkings in die Oranjekom het nuwe geleenthede en potensiële ekonomiese groei geskep, met aansienlike beleggings wat oor die hele lewensiklus verwag word. TotalEnergies en Shell in samewerking met Deloitte sal vandag ‘n omvattende en onafhanklike industriële basislynopname bekendstel, wat plaaslike inhoudsgeleenthede sal identifiseer. Dit sal ook die status van die plaaslike voorsieningskettings en arbeidsmag assesseer om aan die standaarde van die olie- en gasbedryf te voldoen. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Melanie Harrison, Deloitte Namibië se landshoof, wat die doel van die opname deel.