Balhao sê oor Lüderitz se water
Lüderitz beleef ongekende ontwikkeling met die groenwaterstof- en die ontluikende olie- en gasbedrywe. Infrastruktuur het egter nog nie opgevang nie en veral watervoorsiening blyk ‘n uitdaging te wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Lüderitz burgemeester Phil Balhao oor die kwessie gesels en hy vertel van ‘n nuwe projek wat daarna sal omsien.