Al-Assad het dwelms vervaardig, gesmokkel vir inkomste 

 Internasionale media berig dat ‘n pakhuis en militêre basis naby Damaskus in Sirië ontdek is met miljoene Amerikaanse dollar se kaptagon-tablette. Van die tablette was reeds verpak in tranformators om so gesmokkel te word en vervaardigingstoerusting is ook gevind. Die vorige Siriese leier Bashar al-Assad het die lang-verbande amfetamien vervanger vervaardig as inkomste vir sy land. Sy broer Maher was in beheer van die produksie en smokkelnetwerke. Kaptagon het ‘n beduidende maatskaplike probleem in naburige Arabiese nasies geword en het sommige van hulle aangespoor om in gesprek te tree met die voormalige Siriese regime om sy handeldryf te beperk. Dit word beskryf as die arm man se kokaïen. Sirië se olie- en gasvelde is sedert 2019 onder Amerikaanse beheer.