Uiters slegte tyd maar slangbytteengif-tekorte kom hier ook voor

Dis ‘n uiters slegte tyd maar, Suid-Afrika beleef tans ‘n tekort aan slangbytteengif weens opgradering van die Suid-Afrikaanse Entstofvervaardigers se laboratoriumfasiliteite. Dit het vertragings in produksie veroorsaak en voorrade het leeggeloop. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met veearts Theuns Laubscher van die Windhoek Veeartsenykliniek, wat sê Namibië kry meeste slangbytteengif van die buurland, maar kan ook vanaf Indië kry.