Soektog hervat na oud-Engeland rugbyspeler Tom Voyce
Die soektog is hervat na ʼn voormalige rugbyspeler van Engeland, Tom Voyce, wat vermoedelik dood is toe hy probeer het om deur ʼn oorvol rivier in Northumberland te ry. Volgens die polisie het die 43-jarige probeer om Abberwick Ford oor te steek tydens Storm Darragh, toe sy voertuig meegesleur is. Hy was skynbaar op pad huis toe nadat hy Saterdagaand by vriende gekuier het. Die motor is reeds gevind. Voyce het tydens sy loopbaan vleuel of heelagter gespeel.