Sinner oortuig hy sal skorsing vryspring

Wêreld nommer een, Jannik Sinner, is oortuig hy sal ʼn skorsing vryspring na sy positiewe opkikkertoets. Daar is in Augustus bekendgemaak hy het positief getoets vir spore van ʼn verbode middel maar die Internasionale Tennis-integriteitsagentskap het besluit om hom nie te skors nie. Hy wag nou op die appèl van die Wêreldagentskap teen die gebruik van Verbode Middels. Volgens die Italianer het dit hom slapelose nagte besorg maar ook gewys wie is werklik sy vriende. Sinner het egter steeds ‘n uitstekende jaar gehad en die ATP-eindstryd gewen.