Nuwe (ou) slenter steek weer kop uit, hou NamPol besig
Die Namibiese polisie het ‘n nuwe slenter ontdek. Slagoffers word geteiken oor ‘n belofte van ‘n erfporsie in die buiteland en word dan toegang tot ‘n internasionale bankrekening gegee om betaling te maak vir die afhandeling van die erfporsie voordat dit oorbetaal word. Die polisie-woordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi sê die mag word oorval deur klagtes. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.