Nie-rassige benadering vir BELA-wet voorgestel

Die Instituut vir Rasseverhoudinge stel ‘n nie-rassige benadering voor in die voortgesette debat oor die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette. Die instituut se voorstel is om te fokus op die aantal klaskamers en dit te vermeerder en om ingewortelde kwessies in die onderwysstelsel te pak, eerder as om taalbeleid te gebruik en skole te dwing om dubbelmedium te word. Gabriel Crouse van die instituut vra die regering om die oorsake van swak onderwysprestasie te ondersoek en bepleit nie-rassige gebruike in skooltoelatings: