‘n Derde van SA-vroue beleef fisiese geweld

Die minister in die Presidensie vir Vroue, Sindisiwe Chikunga, sê ‘n samewerkende benadering is nodig om geslagsgeweld te beëindig. Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het die eerste nasionale Geslagsgeweld-oorsig vrygestel wat in 2022 gedoen is en onthul het dat meer as 33-persent van Suid-Afrikaans vroue in hulle leeftyd fisiese geweld ondervind het. Chikunga sê alle belanghebbers moet vasberade werk totdat die kettings van geweld verbreek is: