Lungu kan nie weer staan nie
Die Zambiese Konstitusionele Hof het oudpresident Edgar Lungu verbied om in 2026 vir herverkiesing te staan. Die hof het beslis die wet laat twee termyne toe en die 68-jarige het dit reeds gedien. Lungu is in Januarie 2015 verkies om die oorblywende 20 maande van sy voorganger, Guy Scott, te dien. Hy het betoog hy het nie ‘n volle termyn van vyf jaar gedien nie, maar die hof het vorige beslissings omgekeer wat hom drie jaar gelede toegelaat het om te staan toe hy teen Hakainde Hichilema verloor het.