Lüderitz sal watertekorte ervaar
Lüderitz bars uit sy nate met ontwikkeling veral met groenwaterstof en die ontluikende olie- en gasbedrywe in sy gebied. Daar is planne vir ‘n luukse hotel, eiendom het peperduur geword maar, infrastruktuur het nie opgevang nie. Die grootste uitdaging blyk op die oomblik om water te wees. Volgens burgemeester Phil Balhao sal ontsoute water vir die groenwaterstof wees maar, daar is vrae oor watervraag vir landbou, toerisme en huishoudelike gebruik. Balhao sê hulle werk nou saam met belanghebbendes om waterbestuur-strategieë daar te stel om ‘n balans te tref tussen volhoubare waterbronne en ekonomiese ontwikkeling.