LPM bring ook aansoek teen ECN

Die Landless People’s Movement het sy eie dringende aansoek teen die voorsitter van die Namibië Verkiesingkommissie gebring oor elemente van die verkiesings, afsonderlik van die aansoek van die IPC en ander partye. Die president en prokureur-generaal tel onder die ander respondente. Die LPM sal Maandag vir ‘n bevel vra om elke stemlokaal se verkiesingsmateriaal wat in die Nasionale Vergadering-verkiesings gebruik is, oop te maak en te inspekteer of te kopieër. Die party soek ook kopieë van die voorlegging aan die president om die verkiesingsdatum te verleng, asook die historiese uitslae van elke politieke party by elke stemlokaal vir die 2014 en 2019 verkiesings.