Goeie goudprys kom Namibië goed te staan

Namibië se goud-uitvoere het in Oktober op 1,47 miljard Namibiese dollar te staan gekom. Dit het 16,9 persent van die totale waarde van uitvoere uitgemaak, wat afgeneem het vanaf September. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse energie kenner Chris Yelland gepraat, wat sê goud vertoon altyd sterk wanneer daar onsekerheid in die globale ekonomie is.