Al-Bashir neem oor as premier in Sirië
Die Siriese rebelleleier Mohammed al-Bashir het oorgeneem as voorlopige eerste minister met die steun van die voormalige rebelle wat president Bashar al-Assad omvergewerp het. In ‘n kort toespraak op staatstelevisie het hy gesê hy sal die tussentydse owerheid tot 1 Maart lei. Intussen het Israeliese magte die Siriese militêre vloot vernietig as deel van ‘n breë veldtog om strategiese bedreigings vir Israel uit te skakel, volgens verdedigingminister Israel Katz. Reuters berig dat hy gesê het Israeliese magte vestig hulself in die buffersone tussen Sirië en die Israelies-besette Golanhoogte. hy het beveel dat ‘n “steriele verdedigingsone” in die suide van Sirië geskep moet word, sonder ‘n permanente Israeliese teenwoordigheid, om enige terreurbedreiging vir Israel te voorkom.