Sirië het nou kans vir vrede: DA

Die DA sê die verlies aan steun vir Sirië se al-Assad-regime, veral van Rusland en Iran, bied ‘n geleentheid vir vrede. Die party is besorg omdat gevolmagtigde magte onskuldige Siriërs uitbuit om daarmee die beheer van die regime te handhaaf. Hulle het hulle steun toegesê aan die gesant van die Verenigde Nasies, Geir Pedersen, terwyl hy probeer om inklusiewe dialoog tussen opposisiemagte te bevorder. DA-woordvoerder Emma Louise Powell vra ‘n deeglike ondersoek na beweerde menseregtevergrype van oudpresident Bashir al-Assad, insluitend die gebruik van chemiese wapens.