Premierliga-skeidsregter kry trekpas na video’s
Sokker: Die skeidsregtersliggaam, Professional Game Match Officials Limited, het die Premierliga-beampte, David Coote, afgedank. Hy is verlede maand geskors nadat ʼn video op sosiale media die rondte gedoen het waarin hy na bewering neerhalende opmerkings maak oor Liverpool en voormalige bestuurder, Jurgen Klopp. Op ʼn tweede video snuif Coote na bewering ʼn wit poeier tydens die Europese Kampioenskap vroeër vanjaar. Die liggaam sê ʼn deeglike ondersoek het bevind Coote het sy kontrak se bepalings oortree en hy kan nie langer die pos beklee nie.