Oorplasings, nie druip, ‘beste vir leerders’

‘n Ouer het ‘n klagte by die onderwysministerie ingedien weens kommer oor haar 17-jarige seun se voortdurende oorplasings van een graad na ‘n volgende. Die seun is tans in graad 10. Sy sê dit help nie sy akademiese vordering nie. Die ouer vra optrede of ondersteuning om die kwessie aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Edda Bohn, die adjunk-uitvoerende direkteur van onderwys, wat sê oorplasings is in leerders se beste belang.

Bohn beklemtoon dat leer-ondersteuning, ook by die huis, noodsaaklik is.