Meer as 100 aanvalle op militêre teikens in Sirië

Israel se weermag sê hy het strategiese wapenstelsels en chemiese-wapenfasiliteite in Sirië aangeval om te keer dat dit in ekstremistiese groepe se hande beland. Dit volg na die skielike val van president Bashar al-Assad se regering waarna hy na Rusland gevlug het. Amerika en Turkye het ook aanvalle in Sirië uitgevoer. Die Syrian Observatory for Human Rights wat in die Verenigde Koninkryk gebaseer is, sê daar was sedert Sondag meer as 100 aanvalle op militêre teikens.