IPC sê gaan voort met hofgeding teen ECN
Die IPC gaan Vrydag ‘n dringende aansoek in die Verkiesingshof bring oor aspekte van die Nasionale Vergadering-verkiesings. Die party dagvaar die Namibië Verkiesingskommissie, die kommissie se uitvoerende hoof Elsie Nghikembua, en president Nongolo Mbumba. Kosmos 94.1 Nuus het met woordvoerder van die Independent Patriots for Change, Imms Nashinge, gesels oor of die ander opposisiepartye steeds by die party staan om die uitslag van die verkiesing in die hof te betwis.