Hazlewood dalk terug vir Aus teen Indië

Krieket: Die ervare Australiese snelbouler Josh Hazlewood kan terugkeer vir die derde toets teen Indië wat Saterdag in Brisbane begin. Hy het die tweede toets in Adelaide weens ‘n sy-besering misgeloop. Die Baggy Green het binne drie dae met tien lopies gewen om die reeks van vyf wedstryde gelykop te maak. Hazlewood is vervang deur Scott Boland, wat vyf paaltjies geneem het. Australië en Indië, saam met die voorloper op die punteleer, Suid-Afrika, is die enigste spanne wat nog die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap kan haal.