Feestyd-vierings begin, noodoproepe klim 25%

Die Kaapstadse Openbare Noodkommunikasiesentrum het die naweek 2 025 voorvalle hanteer. Die sentrum sê hierdie styging was weens geraas en mediese noodgevalle. Klagtes oor geraas het tot 307 gestyg vanaf 215 die vorige naweek en daar was 511 mediese gevalle, 138 aanrandings en 81 voertuigverwante voorvalle. Die Kaapstadse Verkeersdienste het ook 30 motoriste in hegtenis geneem en meer as 37 000 oortredings is verwerk. Die owerhede het inwoners versoek om verantwoordelik fees te vier.