Amerika tref Isis-teikens in Sirië

Amerika se verdedigingminister, Lloyd Austin, waarsku Isis kan probeer om die situasie in Sirië uit te buit. Amerika het meer as 75 Isis-teikens in sentraal-Sirië getref nadat president Bashar al-Assad ná meer as 50 jaar se diktatorskap ontsetel is. Austin sê die vinnige omverwerping van die Siriese regime was vir die internasionale gemeenskap ʼn verrassing. Hy sê die aanvalle was deel van die sending om Isis te ontwrig, te verswak en te verslaan.