Wêreldleiers reageer op Sirië
Verskeie wêreldleiers het die nuus verwelkom dat die Siriese president Bashar al-Assad se bewind na byna 25 jaar beëindig is. Dit volg nadat rebelle die hoofstad Damaskus binnegeval en die stad bevry het. Die Israelse premier Benjamin Netanyahu sê die ineenstorting is die regstreekse gevolg van sy land se kragtige optrede teen Hezbollah en Iran. Die Britse premier Keir Starmer sê hy verwelkom die val van al-Assad se barbaarse regime en het gevra vir vrede en bestendigheid in die land. Die Oekraïnse minister van Buitelandse Sake, Andriy Sybiga, vra vir ‘n vreedsame eerder as militêre oorgang.