Vrou val in Choppies, dagvaar vir N$220 000
Julia Ndjadila dagvaar Choppies Supermarkets Namibia vir skadevergoeding van 220 000 Namibiese dollar na sy in Oktober 2021 gegly en geval het in Choppies se drankwinkel in Omuthiya en haar enkel beseer het. In haar stukke voor regter Esi Schimming-Chase sê sy daar was geen waarskuwingborde uit nie. Sy sê die ortopediese chirurg dr. Alex Skinner het haar by verwysing ingelig dat haar enkel ernstig geswik is en dat sy is geopereer. Sy sê haar enkel pyn nou maklik en swel ook vinnig op. Sy sê verder sy ervaar angs as sy ‘n supermark besoek. Skok en trauma verteenwoordig 150 000 dollar van haar totale eis. Die saak word verdedig.