Stilfontein: 1 420 mynwerkers is uit

Die polisie sê 1 420 onwettige mynwerkers het tot Vrydag by verskeie uitgewerkte mynskagte in Stilfontein, Noordwes na die oppervlak gekom terwyl Operasie Vala Umgodi voortduur. Die provinsie beskik oor ryk platinumneerslae asook chromiet, steenkool, uraan, goud en diamante. ‘n Polisiewoordvoerder, Adéle Myburgh, sê pogings duur voort om om te verseker dat diegene wat ondergronds is, na die oppervlak kom en vervolging in die gesig staar: