Siriërs staan voor groot geleentheid – Biden
Die Amerikaanse president Joe Biden sê die val van Sirië se president Bashar al-Assad se regime is ʼn basiese geval van geregtigheid. Siriese teen-regeringsrebelle het verklaar hulle het al-Assad uit die kussings gelig nadat hulle Damaskus Sondag ingeneem het. Dit beëindig sy familie se dekade lange outokratiese beheer ná ʼn burgeroorlog van meer as 13 jaar. Al-Assad en sy familie het na Rusland gevlug. Biden sê dis ook ʼn geskiedkundige geleentheid vir die Siriese volk: