Proteas klop Sri Lanka, lei Wêreldtoetskampioenskap punteleer
Krieket: Suid-Afrika het met 2-0 skoonskip gemaak in die toetsreeks teen Sri Lanka toe hulle die besoekers in Gqeberha met 109 lopies geklop het. Sri Lanka het hulle tweede beurt op die laaste oggend op 205 vir vyf hervat en moes ‘n wenteiken van 348 haal. Hulle laaste vyf paaltjies het egter kort na mekaar gekantel en al die kolwers was terug in die pawiljoen vir 238. Draaibouler Keshav Maharaj het vyf paaltjies geneem. Die Proteas is danksy hierdie oorwinning nou boaan die punteleer van die Wêreldtoetskampioenskap.