Outa bekommerd oor voortslepende misbruik van staatsfondse
Die Organisasie teen Belastingmisbruik het kommer uitgespreek oor die voortslepende misbruik van staatsfondse. In die jongste voorval het die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, ʼn ondersoek gelas na die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie. Dit kom te midde van bewerings oor die misbruik van staatsfondse tydens sy reis na die Olimpiese Spele in die Franse hoofstad, Parys. Stefanie Fick van Outa sê groter aanspreeklikheid is nodig om korrupsie doeltreffend te bekamp.