OR Tambo se brandstofprobleme vertraag vlugte

Die OR Tambo-internasionale lughawe in Gauteng het aangekondig hy ervaar tans uitdagings met brandstof, wat vlugvertragings veroorsaak, ook na Namibië. Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika het bevestig tegnici is dringend aan die werk om die probleem op te los. Passasiers word aangeraai om hul lugrederye te kontak vir die jongste inligting oor vlugkennisgewings, of om die ACSA-toepassing te gebruik. Die lughawe het om verskoning gevra vir die ongerief en versoek geduld.