November die tweede warmste ooit ter wêreld

Die aarde het sy tweede warmste November wat nog ooit aangeteken is, ervaar. Dit is slegs die tweede warmste maande sedert 2023, wat beteken dat 2024 sekerlik die warmste jaar sal wees wat nog ooit gemeet is. Dit is volgens ‘n verslag van die Europese klimaatdiens, Copernicus. Wêreldwye temperature in November was gemiddeld 10,4 grade Celsius. Die adjunkdirekteur van Copernicus, Samantha Burgess, sê hittegolwe oor die oseane en ‘n verlies aan see-ys en sneeubedekking het tot die verhoogde temperature vanjaar bygedra. Verlede jaar se rekordhitte is deels deur ‘n El Niño veroorsaak.