NNN loop deur na haar kommentaar die naweek
Die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, sê hy weier om enige kommentaar vir die plaaslike uitsaaier NBC te lewer tot die geskorste joernalis Anna Nikodemus weer aan diens is. Nikodemus het gerugte oor Nandi-Ndaitwah se gesondheid tydens ‘n onderhoud met Newzroom Afrika bespreek en is daarna geskors. Nandi-Ndaitwah het Nikodemus oor die naweek gekritiseer oor haar aanmerkings. Kamwanyah sê ‘n president raak nie direk met die publiek betrokke nie en moet eerder na hulle luister.
Hy sê dit gee die publiek insig oor hoe sy sal regeer.