Naweek se grensoperasie by Beitbrug, Lebombo lei tot deurbrake

Die Grensbestuursowerheid sê sy operasies oor die naweek by die Beitbrug- en Lebombo-grensposte het uitgeloop op belangrike deurbrake met onwettige bedrywighede, waaronder mense- en kindersmokkelary. Die woordvoerder Mmemme Mogotsi sê wakker grenswagte by die Lebombo grenspos het Vrydag ‘n minibustaxi voorgekeer wat probeer het om 14 ongedokumenteerde kinders tussen die ouderdomme van 14 en 16 uit Mosambiek na Suid-Afrika te smokkel: