Nasionale Raad gaan groot met besteding
Die Nasionale Raad hou ‘n glans geleentheid vir sy 126 lede vroeg volgende jaar en het ‘n tender daarvoor uitgesit wat op 15 Januarie sluit. Die tender vra vir ‘n venue met ‘n blou verwelkomingsmat en staande blomme rangskikkings. Die dekor moet blou, wit en goud wees en verwelkomingsdrankies se glase moet met suiker versier wees. ‘n Driegang maaltyd moet ook voorsien word met voorgereg wat seekoskelkies, sop, beesvleis carpaccio en hoendervlerkies insluit. Die hoofmaaltyd moet hoender, skaapvleis, beesstert, vis en wors bevat met groentes en stysels daarby. Nagereg is ook aangevra sowel as 252 bottels water en ‘n beperkte ope-kroeg.