Namibië sê sy sê oor klimaatimpak in Den Haag
Namibië sal vandag sy mondelinge verklaring by die Internasionale Geregshof in Den Haag doen. Die hof het op 2 Desember met verhore in ‘n waterskeiding klimaatsveranderingsaak begin. Dit draai om wat wetlik van lande wêreldwyd verwag word om klimaatsverandering teen te werk en kwesbare lande te help om die verwoestende gevolge daarvan te beveg. Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het die hof verlede jaar gevra vir ‘n regsmening oor die verpligtinge van state rakende klimaatsverandering. Ambassadeur dr. Mekondjo Kaapanda-Girnus sal Namibië se inleidende verklaring lewer, gevolg deur mondelinge voorleggings van dr. Ndjodi Ndeunyema, ondersteun deur professor Phoebe Okowa. Kosmos 94.1 Nuus het met Edmund Khoaseb, woordvoerder van die justisieministerie gepraat.