Namibië praat direk by Internasionale Geregshof oor klimaat
Namibië se verteenwoordigers het hul mondelinge verklarings by die Internasionale Geregshof in Den Haag afgehandel. Die hof verhoor ‘n klimaatsveranderingsaak oor hoe lande wetlik aanspreeklik gehou kan word om klimaatsverandering teen te werk en kwesbare lande te help om die gevolge daarvan te beveg. Ambassadeur dr. Mekondjo Kaapanda-Girnus het in haar verklaring verskeie kwessies uitgelig wat Namibiërs affekteer soos die droogte en watertekorte weens klimaatsverandering. Kapaanda-Girnus het meer.