Internasionale Teenkorrupsie-dag: Daar’s baie wat GRN kan doen

Dit is vandag die Internasionale Teenkorrupsie-dag en plaaslik, is daar uitdagings. Verkryging, bate-verklarings, die ontluikende olie- en gasbedrywe, toegang tot inligting en fluitjieblaser-wetgewing is onder die elemente wat Namibië kan aanspreek om korrupsie te bekamp. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing Graham Hopwood gesels.