Guterres vra vir inklusiewe toekoms in Sirië

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die einde van president Bashar al-Assad se diktatoriale regime, beteken die mense van Sirië kan ‘n geskiedkundige geleentheid aangryp om ‘n stabiele en vreedsame toekoms te bou. Rebellemagte het verklaar dat sy regering Sondag geëindig het ná hulle die hoofstad, Damaskus, ingeneem het. Al-Assad en sy gesin het na Rusland gevlug. Guterres sê dit is noodsaaklik om te verseker dat politieke oorgang almal insluit en dat dit voldoen aan die wettige behoeftes van die mense van Sirië.