Ganja Users of Namibia-optog gaan voort, met waarskuwing

Die vreedsame optog van die Ganja Users of Namibia sal môre voortgaan, na NamPol toestemming gegee het. Die optog is daarop gemik om bewustheid te verhoog oor die voortslepende dagga-wettigingsaak by die Windhoekse hoërhof. Die betoging is nou beperk tot Namibiese deelnemers, na inspekteur-generaal Joseph Shikongo gewaarsku het teen buitelandse betrokkenheid, met verwysing na moontlike risiko’s vir Namibië se soewereiniteit, openbare orde en moraliteit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Borro Ndungula, die groep se sekretaris-generaal, wat meer inligting gee en ‘n waarskuwing aan deelnemers uitreik.